Verleier

Terwyl sy onsigbare strale
oor jou vel streel,
die armhare liggies roer,
jou skouers terug laat sak,
jou ogies vernou,
jou handpalms oopmaak,
bene uitstrek,
terwyl ‘n sug deur jou lippe ontsnap.

Verlei vader Son jou
na ‘n oomblik, ver weg,
waar jy vergeet van jou sorge,
jou pyn, en slegs mooie
herinneringe en emosies
laat opvlam.

Du Toitskloofpas

Wolk se soene puk-puk aan die pieke van die  berge.
Of, is dit Ms Misty wat die sagte kus neerplant?
Maar die plooie vervaag nie…
Vorm dieper om die trane van die einste wolk te lei, tot ver onder in die vallei waar die Molenaarsrivier dit gulsig opslurp en stroom af neem.
Op ‘n warme dag is jy getooi in jou velvet pleated skirt,
In shades of green show jy af-
Just because you can.
Du Toitskloofpas, jy huisves ook die Hugenote tonnel:
die deur na die Boland,
die Kaapse seeland en
die pragtigste skiereiland.

R62 – Huisrivierpas

Soos ‘n kronkelende rivier,
gly die swart slang van teer
deur die Huisrivierpas.
Gemerk met dubbele wit lyne
en geles, wat hom afsper van die rooi gebergtes.
Rooi rots oortrek met immergroen plante,
waar reen stroomlyne uitets
En valleie doer onder sit.
Die nimmereindigende slang wat jou stroom op of af lei,
met uitkykpunte oor die Pas en sy mooi.

Trane van ‘n ma (Goeie Vrydag-gedig)

Ek’t geweet ek moet jou laat gaan,

maar steeds is dit seer.

My seun, die pyn maak my gedaan,

hòè kan ons diè uiteinde keer?

Jou laaste dae herken hulle jou as Koning:

Palm takke onder jou donkie se pote versprei.

Vandag is jou kruisiging –

hoe kan ‘n ma haar kind bevry?

Bloed sypel oor jou engelgesig,

jou palms is deurboor,

Jou lyding is nie in sig;

hulle is reg om jou te moor.

Jou klere word geloot,

terwyl my hart pyn te Kopbeen,

Die skare juig en jubel

besef hulle nie Jy is ‘n seën?

Die donkerte kruip ook in my hart,

Aarde is in skemerte gehul.

Soos ‘n dolk in my hart,

sny jou laaste uitroep: “Vader, in U hand gee ek my lewe oor.”

Die soldaat ervaar jou heiligheid,

maar dit is te laat.

My kind, my kind: Jy,

het die aarde vir eers verlaat.

Trauma Oë

Brein uittie skedel,

derms innie hand,

longe hap na lug,

baby hang tussen boude,

gat deurie been,

bloed sypel na die grond,

lewe verdwyn uit die oë.

Ma snik, pa kners,

broers vannie gang

plan revenge hit,

SAPS sak sy kop,

medic ken die scenes,

fireman in disbelief,

dink patient sallit maak.

Oë mis niks,

Wil eintlik niks sien,

Oë sien te veel,

Oë kreun van pyn,

Oë treur na binne,

want Oë wag vir next view.

#theollal

#trauma_oë_sien_alles

Uit die venster van die hospitaal kamer,

staan die kerk se toring

sy space vol oor die hoë bome wat hom wil onttroon,

mansions verlig Tygerberg-heuwels,

ladies van die night trotseer die euwels,

Mr Parker coin die tjieng met sy parking space,

Minder tjorre oppie roadways,

maar Mr Officer is op sy pos,

Bhabieshop maak moela uit die working force

en sy neighbour vleg tot after dark,

Disco lights lok young adults, maar verlaat

hulle wanneer hulle one too many het: versteen oppie pavement.

#theollal

Trane oppie pot

Ek verlaat die kamer,

neem plek in oppie troon,

laat die trane loop oor my wange

en verlaag my kroon.

Trane van frustrasie,

want ek bid vir hoop,

ek’t nie altyd die antwoorde,

en my oë vertel ‘n storie van wanhoop.

Oppie pot kalmeer ek my,

probeer my eie vrees omseil,

hoe ek my naaste gaan troos,

al is my hart broos en feil.

My plek om asem te skep,

te breek of selfs te verlep,

myself moed in te praat

al voel ek nie paraat.

Huil oor die pyn,

vir hoop wat wegkwyn,

huil oor die vreug,

want daar is ook nuus wat my verjeug.

My troon, my pot,

my meditasie spot,

waar ek jou ook vind,

Verlig jy my dark spot.

Ns: vir alle ma’s wat soms in die toilet kalmte moet gaan soek vir haar gemoed.

#theollal

#trane_oppie_pot

Bonteheuwel deur bus oë

Uit die oë vannie bus,

staan Bonteheuwel in contrast met sy judges.

Kinders pull ‘n Simone Biles oppie jungle, Ronaldo en Messi oppie pitch,

Lelies vervraai die slyk,

Community gardens bring escape en prag,

Perd word getrain in sy kraal:

maybe Kommettieding se kompetisie?

Plotte in beautiful shades of colour, showcasing the hardwork of its owners,

met Tygerberg Hills as backdrop.

#theollal

#ons_mense_se_stories

#TacticalThursday

#Bonteheuwel

Hoeko

Hoeko is Santino die slagoffer:

net ‘n kleine kind,

Hoeko was hy nie gevind?

Hoeko het sy skree op niemand se oor geval?

Hoeko was sy pyn nie verlig?

Hoeko so wreed weggeneem?

Hoeko sy laaste asem neem?

Hoeko speel jy judge oor sy lewe

en execute hom?

Hoeko is ons nie daar vir ons kinders,

as gemeenskap?

Hoeko gebeur dit keer op keer?

Hoe gaan ons dit keer,

voor dit weer gebeur?

Majestueus in Malmesbury

Majestueuse boom,

toorn voor die kantoor:

word toe die kan wyn, se stoor.

Holte vir die voet,

Dra jy vrug of is jy nie soet?

Verstrengel met ‘n palm,

bring vrede soos Psalm.

Miere kruip uit hul hoop –

is hulle ooit sonder hoop?

Malmesbury se trots,

hierdie boom: sterk soos ‘n rots.

Vandag se verkenning van die dorpie, Malmesbury.

©Theollal

#theollal

#malmesbury